DVD Zone – New DVD Releases and Best Place to Buy DVD Movies Online

Grensoorlog

August 22, 2010, Posted by DVD Zone at 13:08

Grensoorlog

DVD Details:

Title: Grensoorlog

Description: Hierdie dokumentêre reeks is ‘n intense onthulling van ‘n geheime oorlog. In 26 episodes vertel dit die verhaal van een van Afrika se langste kon? ikte, wat van 1966 tot 1989 uitgespeel het in Noord-Namibië (toe Suidwes-Afrika), en Suid-Angola, die sogenaamde “Operasionele Gebied” of “Grens”. Vir die eerste keer ooit word beeldmateriaal en foto’s ongesensor aangebied, wat die ware verhaal van Suid-Afrika se bosoorlog kaalkop vertel.

Die reeks tref die kyker soms soos ‘n hou in die maag met ‘n intieme, dikwels skokkende, maar gebalanseerde kyk op ‘n sleuteltydperk in die geskiedenis van Afrika. GRENSOORLOG neem die kyker op ‘n reis wat begin in die bloedige November van 1975 met onafhanklikheid in Angola, en voortstu tot die epiese botsing tussen Kubaanse en Suid-Afrikaanse troepe by Cuito Cuanavale in 1988. Langs die pad word stemme gehoor wat te lank stilgemaak is: van gewone SAW- en Swapo-troepe tot generaals en politici aan albei kante, van Russiese tot Kubaanse tot Amerikaanse spelers. Die sprekers breek deur die stiltes en die sensuur en praat uit die hart uit. Alle taboes word uit die pad gevee. GRENSOORLOG lê ‘n bloedige magspel bloot, met al die ware lewensdrama wat daarmee saamgaan.

Click Here: Grensoorlog Volume 1 DVD

AND

Click Here: Grensoorlog Volume 2

No comment yet.

Leave a Reply








WELCOME TO DVD ZONE

DVD Zone - New DVD Releases and Best Place to Buy DVD Movies Online
Welcome to DVD Zone

This is South Africa's hottest DVD site, and we also sell Blu Ray movies so please make sure you bookmark our site.

Please also subscribe to by filling in your email address below and then you will receive all the latest DVD news and releases.

Thank you, DVDZone.co.za

Subscribe for Latest DVD Updates

Enter your email address:

Delivered by FeedBurner

Latest DVD Releases

Buy DVDs Online from Kalahari

Buy DVDs Online

Search DVD Zone

New Games

Featured in: SA Online Directory | Hosted by: Stallion Hosting | Privacy Policy | Sitemap